Recommended Reading:

Monday, June 23, 2014

Stop Die Moorde!


Stop Die Moorde!

Hou boere veilig – Cele

2014-06-21 23:34
James-Brent Styan

Bheki Cele, die nuwe adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, is afgevaardig om plaasmoorde in Suid-Afrika, en moontlike oplossings daarvoor, te ondersoek.

Die oud-polisiehoof sê die veiligheid van boere is vir hom en die regering ’n top-prioriteit. Cele het in sy tyd as polisiehoof polisielede aangeraai om nie te huiwer om misdadigers dood te skiet nie as hul lewe bedreig word.

“Daar moet veiligheid wees vir boere en hulle moet gerus voel en voel hulle is deel van Suid-Afrika. Dit is ons almal se plig om aan hul veiligheid te werk.”

Die nuwe landbouminister, Senzeni Zokwana, het Cele op grond van sy polisie-ervaring afgevaardig om dié kwessie te bekyk. 
“As ons veiligheid op die plase het, sal ons ekonomiese groei sien.”

Ook die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Julius Malema, het Vrydag gesê boere, wit en swart, moet beskerm word, want hulle vervul ’n noodsaaklike rol. “Boere produseer kos vir die land, skep werk en laat die ekonomie groei. Die doodmaak van boere kom neer op die ondergrawing van ons ekonomie. Die moord op ’n boer is nie net ’n misdaad teen daardie familie nie, maar teen almal van ons. Die EFF sal dit nie duld nie.”

Malema sê die EFF se LP’s in die parlementêre komitees oor polisie en justisie gaan die saak van veiligheid en misdaad teen boere in daardie komitees aanvoer.

Pieter Groenewald, ’n LP van die VF+, sê hy hoop Cele doen wat hy sê.

“Dis verrassend dat hy nou skielik veiligheid wil aanpak. Toe hy werklik in ’n posisie was om iets te doen, het hy nie. Ek het hom destyds gevra om te kyk na die gebrekkige sektor-polisiëring in die landbousektor, maar daarvan het niks gekom nie. Maar ek sal vreeslik bly wees as hy werklik iets wil doen.” 

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê politici het tot nou soos die graf oor plaasmoorde geswyg. 

“As Cele ernstig is, sal ons graag met hom wil saamwerk. Oplossings vir misdaad begin by ’n politieke wil, want dan openbaar jy ’n gesindheid om meganismes in plek te stel om dit aan te vat.”

Dianne Kohler Barnard, DA-LP, bevraagteken egter Cele se motiewe. Sy dien in die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.

“Hoekom het hy nie plaasmoorde as ’n prioriteit beskou toe hy nasionale polisiehoof was nie? Nou is hy adjunkminister en nou is dit skielik ’n prioriteit? Sy woorde is te min, te laat.”

Kohler Barnard sê die veiligheid van boere is buitendien nie die adjunkminister van landbou se werk nie. Dié verantwoordelikheid val onder die polisie.

Sy sê plaasmoorde bly ’n reuse-kwessie met geen duidelike plan van regeringskant om dit aan te pak nie.




Latest 5 Featured Posts:

Operation Vula, its Secret Safari, and Zuma’s band of comrades - Dec. 2013
During 1986 the ANC launched an underground operation called Operation Vula. A lesser-known fact is that it continued to operate after Nelson Mandela's release in February 1990, and for three years after his speech in August 1990 when he reiterated the total commitment of the ANC, Umkhonto we Sizwe and the SACP to the Groote Schuur Minute.

Heritage Day Photographs (Voortrekker Monument) - Sept. 2013
This posting includes a few photographs taken on Heritage Day 2013. The posting introduces an unusual but beautiful new structure called QUO VADIS? (with the question mark) which I’m sure many readers have never heard of.

The Yellow-Bucket Marula Tree: A Mystery Solved! - Oct. 2013
I came across a rather strange phenomenon one day while travelling along the R561 route between Tolwe and Baltimore in the Limpopo province of South Africa. A small yellow bucket was attached high-up in a branch of a Marula tree, hence the name of this posting. It’s a real funny story which I’m sure most readers will enjoy - as much as I enjoyed compiling the article  - (with illustrations).

Pretoria’s Monument for Victims of Terrorism - July 2013
Many people (including myself) had almost forgotten about a noteworthy monument in Pretoria that stood at the entrance of the old Munitoria building on the corner of Van der Walt and Vermeulen Streets (now renamed Lilian Ngoyi and Madiba Streets). When the Munitoria building was demolished on 7 July 2013 nobody could tell me whether the monument was still standing or not, so I decided to go look for myself.

Remembering The Battle of Delville Wood - July 2013
14 July marks a day when the South African 1st Infantry Brigade got engaged in the 1916 (WW1) Battle of the Somme, in France. The battle was one of the largest of World War I, in which more than a million men were wounded or killed, making it one of humanity's bloodiest battles. One specific encounter during this battle, known as The Battle of Delville Wood, is of particular importance to South Africa. The posting includes a comprehensive article (with pictures) compiled and written by Petros Kondos.


Blog Feeds - Sister Blogs:

African Countries (Alphabetical list):
(The links will redirect to the Amazon.com page dealing with the specific country.)




JKLS AFRICA



Browse Books By Category