Thursday, April 8, 2010

Bekendstellingsbrief van die Kommandokorps


In die 1970’s en 1980’s het ons as jong seuns militêre diensplig gedoen. Die meeste van ons het daarna grensdiens op die grense van ons land gedoen.

KommandokorpsDie meeste van ons weet en erken dan ook dat die weermag (Die ou SAW en SAP) van ons ware manne gemaak het. Ons as soldate van daardie tyd het meer as ons deel gedoen.

Dit was egter die politici van daardie tyd wat nie húl doelwitte kon bereik nie en wat toe die weg van onderhandeling ingeslaan het en ons in die proses verloën het.

Terwyl ons in die bosse en sand gesweet en geswoeg het, het hierdie politici onder die leiding van ’n FW de Klerk, ’n Pik Botha, ’n Roelf Meyer en ’n Leon Wessels ons land skaamteloos weggegee aan daardie vyand teen wie hulle ons juis vir 33 jaar aangespoor het om te veg!

Voor en tydens hierdie tydperk het hulle ons gebreinspoel teen die “Rooi Gevaar” – die Kommunisme – en die “Swart Gevaar” en toe ewe skielik word hierdie “gevaar” nie meer so gevaarlik nie.

Alles ’n poging om ’n sogenaamde “reënboognasie” te bou.

Nadat die ANC/SAKP/Cosatu- alliansie ’n klinkende oorwinning by die onderhandelingstafel bereik het, word die leier van hierdie terroriste vrygelaat en as ’n “goedige swart oupatjie” aan die wêreld voorgehou.

Sy beeld word so gepoets dat hy verhef word tot ’n internasionale “ikoon” en held.

Vir die meeste was dit ’n skok dat al ons “swoeg en sweet in die bosse en sand” sommer so, sonder slag of skoot, oorhandig is aan hierdie hordes swart bendes.

Die meeste van ons het daarom steeds ons “browns” ons “skeleton webbing” en ander uitrusting soos dixies in ons balsakke gehou.

Wel, daardie tyd het nou aangebreek! Ons mense word tans in ’n skrikwekkende tempo uitgemoor en dít terwyl ons ontwapen word!

As ’n mens met oud-generaals praat en vra of daardie oorlog dan vergeefs was, is hul antwoord heel dikwels: “Ja, maar ons het goeie ondervinding opgedoen”. Maar wat is die gevolg van ondervinding? Sekerlik dat dit weer benut sal word! Nou ja!

Ons het baie gewik en geweeg ten opsigte van watter soort eenheid ons op die been wou bring.

Uiteindelik het ons besluit om die kommando-struktuur te hervestig, want kommando’s was deur al die jare (sedert 1671) ons (Boere se) tradisionele beveiligingseenhede. Kommando’s was ook deur al die jare defensief en gebiedsgebonde.

Ons het vervolgens die Kommandokorps as ’n wettige art. 21-maatskappy gestig waarbinne ons ons mense tans organiseer en oplei sodat ons hierdie aanslae teen ons mense kan afweer.

Die Kommando Korps is 'n Art 21 maatskappy onder leiding van die Opperraad waarvan Kolonel Dawid Grobbelaar die voorsitter is en Kommandant Franz Jooste die Uitvoerende Direkteur. Kaptein Koekemoer die Direkteur belas met Kadetopleiding en Mnr Leon Engelbrecht is die Direkteur Weerbaarheid.


Vir meer inligting besoek:
http://www.kommandokorps.isgreat.org

Facebook Blad:
http://www.facebook.com/Kommandokorps

4 comments :

Anonymous said... .....Click here to refresh this blog

Kommandokorps is by http://www.kommandokorps.isgreat.org

en Facebook is by:
http://www.facebook.com/Kommandokorps

~W~

Anonymous said... .....Click here to refresh this blog

Kommandokorps se Promosie blad op Facebook is : https://www.facebook.com/pages/Kommandokorps/209978895687195?sk=app_106878476015645

Tia Mysoa said... .....Click here to refresh this blog

Dankie, ek het die inligting in die hoofartikel ook opgedateer.

Anonymous said... .....Click here to refresh this blog

@Tia Mysoa

Hi Jammer die FB het weer verander dit is nou : https://www.facebook.com/pages/Kommandokorps/209978895687195?sk=app_106878476015645

En die web-werf is : www.kommandokorps.org

Dankie vir wat jy doen :)

~W~

Latest 5 Featured Posts:

Operation Vula, its Secret Safari, and Zuma’s band of comrades - Dec. 2013
During 1986 the ANC launched an underground operation called Operation Vula. A lesser-known fact is that it continued to operate after Nelson Mandela's release in February 1990, and for three years after his speech in August 1990 when he reiterated the total commitment of the ANC, Umkhonto we Sizwe and the SACP to the Groote Schuur Minute.

Heritage Day Photographs (Voortrekker Monument) - Sept. 2013
This posting includes a few photographs taken on Heritage Day 2013. The posting introduces an unusual but beautiful new structure called QUO VADIS? (with the question mark) which I’m sure many readers have never heard of.

The Yellow-Bucket Marula Tree: A Mystery Solved! - Oct. 2013
I came across a rather strange phenomenon one day while travelling along the R561 route between Tolwe and Baltimore in the Limpopo province of South Africa. A small yellow bucket was attached high-up in a branch of a Marula tree, hence the name of this posting. It’s a real funny story which I’m sure most readers will enjoy - as much as I enjoyed compiling the article  - (with illustrations).

Pretoria’s Monument for Victims of Terrorism - July 2013
Many people (including myself) had almost forgotten about a noteworthy monument in Pretoria that stood at the entrance of the old Munitoria building on the corner of Van der Walt and Vermeulen Streets (now renamed Lilian Ngoyi and Madiba Streets). When the Munitoria building was demolished on 7 July 2013 nobody could tell me whether the monument was still standing or not, so I decided to go look for myself.

Remembering The Battle of Delville Wood - July 2013
14 July marks a day when the South African 1st Infantry Brigade got engaged in the 1916 (WW1) Battle of the Somme, in France. The battle was one of the largest of World War I, in which more than a million men were wounded or killed, making it one of humanity's bloodiest battles. One specific encounter during this battle, known as The Battle of Delville Wood, is of particular importance to South Africa. The posting includes a comprehensive article (with pictures) compiled and written by Petros Kondos.


Blog Feeds - Sister Blogs:

African Countries (Alphabetical list):
(The links will redirect to the Amazon.com page dealing with the specific country.)




JKLS AFRICA



Browse Books By Category